• HopeTrust

#GROEI-terugvoer van Gugulethu

Talle mense het begin om groentetuine te stig gedurende die COVID-19-pandemie weens voedselonsekerheid. Om gemeenskappe toe te rus om hierdie volhoubare leefstyl na te streef, het die Hoop en Versoening Trust deur middel van hul #GROEI-projek hand bygesit.


Rachel Mass van Gugulethu vertel dat hulle #GROEI-tuin ‘n reusesuksus is as gevolg van die bystand wat hulle gemeenskap ontvang het. “St Columba's Church, in samewerking met Green Anglicans, het 'n kursus van tien sessies vir die gemeenskap aangebied oor hoe om hul eie voedseltuin te begin en te onderhou. Mense is toegerus met die vaardighede wat hulle benodig om nie net hul gesin te voed nie, maar ook om groente aan die gemeenskap te voorsien. Kom reën, kom son, die gemeenskapslede was baie gretig om die tuinkursus by te woon!”


Op die laaste dag is ‘n gradeplegtigheid gehou en almal het nagedink oor die verskil wat die kursus in hul lewens gemaak het. “Hulle het nuwe vriende gemaak, nuwe vaardighede aangeleer en was opgewonde om hul kennis met ander te deel. Hulle sal nie net groente plant nie, maar ook die gemeenskap aanhits om volhoubaar te lewe deur saailinge aan hulle te verkoop,” sê Rachel.

Die Hoop en Versoening Trust het aan elkeen wat die kursus voltooi het ‘n boksie saad geskenk om in hulle tuine te gebruik.



0 comments

Recent Posts

See All